Description In Agaat - 'n teer en oorrompelende roman oor plaasvroue, in nood aangewese op mekaar - gee Marlene van Niekerk 'n ontstemmende blik op 'n halfeeu se Afrikaanse landskap, soos gekenmerk deur ontwrigte, verminkte menslikheid maar ook deur nooitaflatende hoop.
Die uitsterste grensgebiede van intimiteit word verken.
Hoe word daar afskeid geneem en gesterwe? Deur watter soort genade? Wat is die ware aard van wat mens so maklik liefde en sorg noem? About the Author Marlene van Niekerk is op 10 November 1954 op die plaas Tygerhoek naby Caledon gebore.
Sy gaan skool op Riviersonderend en Stellenbosch en matrikuleer aan die Hoërskool Bloemhof.
Sy studeer filosofie, tale en letterkunde aan die Universiteite van Stellenbosch, Amsterdam en die Witwatersrand.
Sy debuteer in 1977 met die digbundel, Sprokkelster, waarvoor sy die Eugčne Marais- en die Ingrid Jonkerprys ontvang.
Haar eerste roman, Triomf, verskyn in 1995 en word onder meer met die Noma-prys vir die beste publikasie uit Afrika bekroon.
Tien jaar later verskyn Agaat wat ses toekennings, onder meer die Hertzogprys vir prosa (2004), ontvang.
Die vertaling van Agaat is ook met die Sunday Times Literary Award bekroon.
Vir haar digbundel, Kaar, ontvang sy in 2014 die Hertzogprys vir poësie.
Marlene is tans 'n professor in kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.